| ||||
Die Latynse Ryk tussen 1204 en 1261 | ||||
Hoofstad | Konstantinopel | |||
Taal/Tale | Latyn, Grieks en Oudfrans | |||
Godsdiens | Rooms-Katolieke Kerk Oosters-Ortodokse Kerk | |||
Regering | Monargie | |||
Keiser | ||||
- 1204–1205/06 | Boudewyn I van Vlaandere | |||
- 1206–1216 | Hendrik van Vlaandere | |||
- 1216–1217 | Pieter van Courtenay | |||
- 1217–1228 | Robert van Courtenay | |||
- 1228–1261 | Boudewyn II van Courtenay | |||
Historiese tydperk | Middeleeue | |||
- Verowering van Konstantinopel | 16 Mei 1204 | |||
- Val van Konstantinopel | 25 Julie 1261 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1204 | 350 000 km2 135 136 sq mi |
Die Latynse Ryk of Keiserryk van Romania (Latyn: Imperium Romaniae) is die naam wat historici gegee het aan die feodale Kruisvaarderstaat wat deur deelnemers aan die Vierde Kruistog gestig is op land wat van die Bisantynse Ryk verower is.[1] Dit het tot stand gekom ná die inval in Konstantinopel in 1204 en het geduur tot in 1261. Die Latynse Ryk was veronderstel om die Bisantynse Ryk te vervang as die titulêre Romeinse Ryk in die ooste, met ’n Westerse Rooms-Katolieke keiser in die plek van die Oosters-Ortodokse Bisantynse keisers.
Boudewyn IX, die Graaf van Vlaandere, is op 16 Mei 1204 as Boudewyn I as die eerste Latynse keiser gekroon. Die Latynse Ryk kon nie politieke of ekonomiese oorheersing handhaaf oor die ander Latynse magte wat ná die Vierde Kruistog in voormalige Bisantynse gebiede gevestig is nie, veral die Republiek Venesië, en ná ’n kort aanvanklike tydperk van militêre suksesse het dit stadigaan begin verval. Dit is verswak deur konstante oorlogvoering teen Bulgarye en die onverowerde dele van die ryk, soos die Niceense Ryk, en eindelik het dit tot ’n einde gekom toe die Bisantyne Konstantinopel in 1261 onder keiser Michael VIII Palaiologos herverower.